Edmond Halley

Edmond Halley
Gebore 8 November 1656
Londen, Engeland
Oorlede 14 Januarie 1742 (op 85)
Greenwich, Engeland
Nasionaliteit Engels/Brits
Vakgebied Sterrekunde, geofisika, wiskunde, meteorologie, fisika, kartografie
Alma mater Universiteit van Oxford
Bekend vir Halley se Komeet

Edmond Halley (Londen, 8 November 1656 - Greenwich, 14 Januarie 1742) was ’n Britse sterrekundige, hoogleraar in Oxford en direkteur van die Greenwich-sterrewag.

Hy het die eerste (teleskopiese) studie van die sterre van die suidelike hemelruim gemaak. Hy het die posisie van 340 sterre bepaal en dit in die Catalogus Stellarum Australium gepubliseer. Halley is veral bekend vir sy werk op die gebied van komeetbane: Hy het ontdek dat die komete van 1531, 1607 en 1682 dieselfde een is wat elke 76 jaar terugkeer. Dit is nou bekend as Halley se Komeet. Dit het in 1986 die laaste keer hier sy verskyning gemaak en sal weer in middel 2061 van die Aarde af te sien wees.[1] Halley het ook die eiebeweging van sterre (die verplasing van sterre aan die hemelruim ten opsigte van die agtergrondsterre) ontdek.

  1. O. Ajiki en R. Baalke. "Orbit Diagram (Java) of 1P/Halley" (in Engels). Jet Propulsion Laboratory Solar System Dynamics. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Junie 2020. Besoek op 1 Augustus 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search